DIE BESTE RUGBYBOEK VAN 2025!

Pale Toe!

Pale toe! In hierdie boek skryf die veteraan-rugbyskrywer Michael Green, nes in sy vorige boek Stryd van die Reuse, oor ’n klomp wonderlike karakters wat deur die jare hul talente op die rugbyveld uitgestal het. Dis nou manne soos Kwagga Smith, Beast Mtawarira, Percy Montgomery, Chester Williams en prins Alexander Obolensky, om maar net ’n paar te noem. Green vertel ook van sy eie avonture in die rugbywêreld, soos van die dag toe die voormalige Springbokkaptein Joost van der Westhuizen hom dik wou tik. En hoe hy as kind die Springbokslot Moaner van Heerden in ’n inkopiesentrum agtervolg en geteister het. Green skryf ook oor die dag toe ’n dorp se drank opgeraak het ná ’n onverwagte sege teen die All Blacks en oor die Stellenbosch-kroegspan se omstrede rugbytoer waar die dronk spelers graag “Springhaas-springhaas” gespeel het. Dis nie jou alledaagse rugbyboek nie, dis ’n rugby-rondomtalie wat jou kan laat lag, huil en ril van lekkerkry!  

E-boek beskikbaar

DIE E-WEERGAWE VAN PALE TOE! IS BESKIKBAAR BY AMAZON.

PALE TOE! BOEKVRYSTELLINGSFUNKSIE

–Hoor wat sê Louis de Villiers, bekroonde rugbyjoernalis:

“ Pale Toe! is soveel pret om mee te maak as hardlooprugby met ’n yskoue dubbelbranna-en-coke. Genoeg grappies, anekdotes en insae dat daar hopelik ’n derde rugbyboek in Michael Green en RR Ryger se sleutelbord gewurg word terwyl ons praat. ’n Unieke stem, wat rugbystories kan uitryg soos ‘n kruis tussen ’n prosa-meester en ’n standup comedian. Ek wag al reeds op die volgende ene!”

Beste Geskenk vir Rugby Malles!

Stryd Van Die Reuse

In Stryd van die reuse vertel die gesoute rugbyskrywer Michael Green ‘n klompie rugbystories op sy eiesoortige manier – ware staaltjies uit sy loopbaan by Die Burger, Die Son, Beeld en elders. Pittig, snaaks, pragtig geskryf, uniek!

BOEKBESPREKING: SPORTBLAAIE

by RADO SONDER GRENSE

E-boek beskikbaar

DIE E-WEERGAWE VAN STRYD VAN DIE REUSE IS BESKIKBAAR BY AMAZON. 

STRYD VAN DIE REUSE BY DIE DRUKKERS!

Elkeen van ons het ‘n rugbystorie. In Stryd van die reuse vertel Michael Green ‘n klompie rugbystories op sy eiesoortige manier. Hy vertel van snaakse goed wat met hom gebeur het as rugbyskrywer, soos die keer toe hy net moes keer toe ‘n fotograaf ‘n “kannibaal-foto” wou neem. In die boek is daar onderhoude met bekende en vergete rugbyhelde, soos Temba Ludwaba wat op sy dag as die “swart Frik du Preez” beskryf is. Daar is ‘n roerende vertelling van die oud-Springbok kaptein Hannes Marais oor ‘n spanmaat wat twee keer sy glasoog op die rugbyveld verloor het. Dis maar net ‘n paar hoogtepunte uit die lekkerleesboek wat rugbyliefhebbers nie sal kan neersit as hulle di teers begin lees het nie.

“Wat ‘n verrassende en totaal anderse boek van voorheen onvertelde rugbystories…! Die boek bevat pittige stories met wye onderwerpe vanaf Oubaas Markötter, Danie Craven tot Uys Krige; van groot name tot plattelandse spelers; stories van eie ervarings as joernalis… ‘n Lekkerkees boek wat ons land se ryke rugbygeskiedenis mooi saamvat.”

-Wynand Claassen, voormalige Springbok-kaptein

Boeke deur Michael Green as RR Ryger

DRANK, SEKS EN DAVID BOWIE

‘n Fiktiewe biografie oor Ronnie Ryger, ‘n sluipende, dronkgat digter wat vlug vir sy verlede, maar sy eskapades, sekskapades haal hom in, in die vorm van drie psigopatiese wrekers.  BESTEL HIER

DIE HOL GEVOEL

Hierdie boek het 35 jaar gelede verskyn en het dadelik die aandag getrek. Ryger se eerste prosawerk is deur sommige resensente as die van ‘n mal mens beskryf terwyl ander die as grensverskuiwend aangeprys het. BESTEL HIER.

Michael Green

“Een  van die begaafste stemme van die Afrikaanse woord” – Joan Hambidge.

Kopiereg © 2026 Wordslingers Publishing Corporation. Alle regte voorbehou.
Kopiereg © 2026 Kontak ons by info@wordslingers.co.za of skakel (+27) 063. 604. 4701.